Gevorderde Afrikaanse Skryfskool op die eiland Lesbos.

Marita en Frederik

Met Marita van der Vyver en Frederik de Jager.

12–20 Mei 2019.

Indiwiduele en groepsbesprekings van die skryfprojekte van ‘n uitgesoekte groepie skrywers.

Is jy in die middel van ‘n roman wat ‘n hupstoot nodig het? Is daar ‘n lêer vol kortverhale waarmee jy nie raad het nie? Kom vir agt dae van werk en vakansie in die Griekse lente en sluit aan by ‘n groep van hoogstens ses deelnemers.
Elkeen se werk word vooraf gelees en in diepte met jou bespreek asook in groepsverband. Ons help jou die sterk- en swakpunte vind, help jou met planne vir die voltooiing van jou boek en gee raad met die publikasie daarvan.
Begin nóú werk maak van jou skryfprojek. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Februarie 2019. Daarvoor moet jy drie hoofstukke van jou roman of drie kortverhale vir keuring indien.

Aanbieders

frederik Marita

Marita en Frederik het reeds drie skryfwerkswinkels op Lesbos aangebied saam met The Talking Table, wie se skeppende werkswinkels wyd bekend is.
Marita is die huishoudelik bekende en veelbekroonde skrywer van talle boeke in verskillende genres: romans, jeugverhale, kinderboeke, kortverhale, memoires en kookboeke. Sy woon in Frankryk. Frederik is mede-eienaar van The Talking Table en voormalike boekeredakteur en uitgewer van ‘n lang lys van Suid-Afrika se beste skrywers in Afrikaans en Engels.

The Talking Table

The Talking Table is ‘n plek waar mense saam woon, eet en praat. Ons tuishuis is ‘n imposante Ottoman-villa in die fraai middeleeuse hawedorpie Molyvos aan die noordkus van Lesbos in die Egeïese See. Die dorp, met Wêrelderfenisstatus, is omring van strande en berge, met talle staproetes wat in die lente deur ‘n tuinlandskap gaan. In die dorp is daar ‘n groot aanbod aan tavernes en kuierplekke kenmerkend van Griekse gulhartigheid. Net buite die dorp is daar ‘n klein Turkse bad halfpad in die see waar warm mineraalwater uit die aarde kom.

By The Talking Table werk ons soggens na ontbyt en saans, of soms vir middagete, sit ons saam om die langtafel vir ‘n weldadige maaltyd en goeie geselskap. Die res van die dag is jy vry om die dorp en omgewing te verken.

Deelnemers aan vorige werkswinkels het hulle tyd in Molyvos meermale beskryf as “’n onvergeetlike ervring”, “verrykend”, “’n ongelooflike ontdekking”, “balsem vir die siel”, “een van die beste ondervindings ooit”, en dergelike meer.

 

Koste

Ingesluit by die onderstaande tariewe is verblyf en ontbyt vir agt dae, sewe langtafelmaaltye, die kursusfooi en vervoer van- en na die lughawe (op die dag voor en op die laaste dag van die kursus).
  • Enkelkamer: €2 490 (deposito €830)
  • Persone wat deel: €2 070 (deposito €690)
Om in te skryf, of as jy enige vrae het, skryf aan info@thetalkingtable.com.
  • Inskrywings sluit op 1 Februarie 2019.
  • Inskrywings word bevestig na ontvangs van ‘n deposito soos hierbo aangegee en drie hoofstukke van ‘n roman plus ‘n eenbladsyopsomming, of drie volledige kortverhale.
  • Deposito’s op onsuksesvolle inskrywings is terugbetaalbaar.