Fiksieskryfwerkswinkel met Marita van der Vyver en Frederik de Jager.

19-26 September 2018

Fiksieskryfwerkswinkel

Aanbieder: Marita van der Vyver

Molyvos, Lesbos

Marita frederik


Hier is ‘n uitsonderlike geleentheid om nie net aan die skryf te kom onder die leiding van twee van die mees ervare persone in die Afrikaanse boekbedryf nie, maar dit te doen op Lesbos, een van die mooiste Griekse eilande. Saam kan hulle jou onderweg help op die lang maar hoogs bevredigende reis na skrywerskap. En waar is daar beter inspirasie as die prentjiemooi eiland waar die digteres Sappho anderhalfduisend jaar gelede reeds die eerste gevoelspoësie in die Westerse letterkunde geskryf het?

Deelnemers van die eerste skryfwerkswinkel sê:

“Elke aspek van hierdie skryfkursus was verrykend.”

“Een van die gaafste ondervindings van my lewe.”

“Lewensveranderend.”

Program

Dag een:        Waarom skryf ek? Genres. Droomboek.

Dag twee:      Wie (karakters), wat (storie) en waar (ruimte) van skryf. Dialoog.

Dag drie:        Perspektief (point of view).

Dag vier:        Mites en die donker bron van jou onderbewyssyn. Die mite van Orfeus.

Dag vyf:          Openingsinne. Titels.

Dag ses:         Oorskryf. Hard werk. Detail. Kontinuïteit.

Dag sewe:     Die uitgewersbedryf. Wat uitgewers verlang. Hoe om voor te lê. Die proses.

Marita van der Vyver is die alom bekende en geliefde skrywer van talle boeke – romans, jeugverhale, kortverhale, leefstylboeke en biografiese vertellings.

 Frederik de Jager is reeds vir ‘n kwarteeu redakteur en uitgewer van ‘n groot aantal van die beste en mees bekroonde Afrikaanse skrywers – insluitende Marita.


Tariffs include accommodation, two meals per day and course fee; travel excluded.
Single: €1 200
Sharing pp: €1 040